Die Bloemfontein-Konvensie

Die Bloemfontein-konvensie was ‘n verdrag tussen die Britte en die Oranje-Vrijstaat wat onderteken was op 23 Februarie 1854 in die Eerste Raadsaal te Bloemfontein. Dit het gelei tot die internasionale erkenning van die Oranje-Vrystaat as ’n onafhanklike soewereine republiek.

Die OVS het selfregering vry van Britse inmenging, en die grondgebied tussen die Oranje- en Vaalrivier was oorhandig aan die Boervolk.