Kieserslys Registrasie
Premièr Verkiesing
Die Boervolk by monde van sy waarnemende volksraad het sy onafhanklikheid aangekondig soos op 31 Mei 2026.
Na 124 jaar het die Boervolk die kettings van verknegtheid gebreek.
‘n Algemene verkiesing om ‘n volksraad te kies, per Republiek moet nou plaasvind en so spoedig moontlik daarby, soos uiteengesit in die verklaring van onafhanklikheid op 29 Mei 2026.
Die Volksraad bestaan uit ‘n vrederegter en hoofkommandant per distrik,-byvoorbeeld Brandfort kies ‘n vrederegter en hoofkommandant uit verkiesbare kandidate wat woonagtig is in die distrik Brandfort.
So word daar twee verteenwoordigers gekies uit elke dorp. Elke dorp is ‘n kiesafdeling. ‘n Volksraad gaan dus op die ou end bestaan uit ongeveer 160 lede.
Volksraadslede word verkies vir ‘n tydperk van 4 jaar en is weer herverkiesbaar vir ‘n volgende termyn, so as jy voel jy is die aangewese persoon vir jou distrik, of jy is net moeg daarvoor dat volksvreemdes ons Boervolk vertrap, kry jouself op die kieserslys en laat ons aan ons eie voorspoed begin werk.
So spoedig moontlik wat daar Volksverteenwoordiging in elke distrik is hou ons verkiesing.
Let daarop dat daar nie party politiek betrokke is nie,- u ken die mense in u distrik,-iedere en elk is ‘n bevoegde kandidaat.
So wat staan u te doen?
Laai die vorm af,- voltooi dit en stuur dit per epos na navrae@oranjevrijstaat.com sodat jy jou gedeelte van jou koningstem kan laat hoor en geld.
Dankie Boervolk.
