Geskiedenis Tydslyn

  • 1482 – Diogo Cão het by die Kongoriviermonding aangekom en dit gemerk met ‘n kruis ter herdenking van die Portugese besetting.

  • 1487 – Bartolomeu Dias land op 8 Desember by Walvisbaai en kort daarna Lüderitz.

    1488 – Bartolomeu Dias seil om die Kaap.

  • 1497 – Vasco da Gama land by St Helenabaai op 7 November. In die eerste skermutseiling tussen Blankes en die Khoikhoi word Da Gama en 3 van sy makkers gewond. Op 26 November gooi Da Gama anker by Mosselbaai, doen by Pondoland aan en gee op Kersdag aan Natal sy naam.

  • 1498 – Op 6 Januarie land Da Gama by die mond van die Limpoporivier. Daar sien Portugese vir die eerste keer swart mense.

  • 1652 – Op 6 April land Jan van Riebeeck aan die Kaap om die eerste Blanke nedersetting te stig.

  • 1672 – VOC koop die gebied rondom die kasteel by die Khoikhoi.

  • 1681 – Wet op gemengde huwelik ingestel op 26 November.

  • 1685 – Koper in Namakwaland ontdek.

  • 1688 – Die eerste Hugenottsetlaars stap aan wal.

  • 1760 – Coetzee steek die Oranjerivier oor. Ekspedisies onder leiding van Hendrik Hop en Willem van Reenen dring Namakwaland tot by Walvisbaai en Keetmanshoop.

  • 1778 – Visrivier tot oosgrens van die Kaapkolonie verklaar.

  • 1779 – Xhosas wat die Visrivier oorgesteek en die Kaapkolonie binnegeval het, word in die eerste Grensoorlog teruggedryf.

  • 1819 – Die grens van die Kaap word tot Keiskammarivier uitgebrei.

    1820 – Die aankoms van 5 000 Britse setlaars.

  • 1836 – Begin van die Groot Trek van die boere na die binneland van Suid Afrika.

  • 1836 – Die slag van vegkop naby wat vandag bekend is as Heilbron waar die boere oorwin het teen ‘n leër van 5 000 Matabele-krygers.

  • 1837 – Winburg word gestig en die eerste volksraad word gestig by Thaba Nchu.

    Piet Retief trek na Natal.

  • 1838 – Retief sluit n verdrag met Dingane, die koning van die Zulus na Tsjaka. Boere onder Retief word deur Dingane vermoor. Dit lei tot die slag van Bloerivier wat die boere onder Andries Pretorius wen. Dingaan word verslaan en Natal word gestig.

  • 1839 – Tydelike Britse besetting van Durban. Pietermaritzburg en Potchefstroom word gestig.

  • 1840 – Verdrag met Panda, die nuwe koning van die Zulus, waar die boere die grond tussen die Tugela- en Swart Umfolozirivier bekom.

  • 1843 – Natal tot n Britse kolonie geproklameer.

    1844 – Meeste Voortrekkers verlaat Natal, wat by die Kaapkolonie ingelyf word.

    1845 – Natal word van die Kaapkolonie geskei.

  • 1846 – Bloemfontein word gestig.

  • 1847 – Brittanje annekseer Richtersveld.

  • 1848 – Britse soewereiniteit oor die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier geproklameer. Skermutseling tussen Britse troepe en Boere by Boomplaas.

  • 1852 – Brittanje erken die onafhanklikheid van ZAR met die Sandrivierkonvensie.

  • 1854 – Brittanje erken die onafhanklikheid van die Oranje-Vrystaat (OVS) met die Bloemfonteinkonvensie.

  • 1856 – Natal word n afsonderlike kolonie. Lydenburg stig af van die Zar.

  • 1860 – Pretoria word die setel van die Transvaalse regering. Die eerste Indierarbeiders vir die suikerplantasies word van Natal ingevoer.

  • 1861 – Griekwagebied word deur die OVS aangekoop en Adam Kok en sy mense trek na Griekwaland-Oos.

  • 1865 – Transkei by die Kaapkolonie ingelyf.

  • 1868 – Brittanje tree tussenbeide in Basoetoland en annekseer die gebied.

  • 1869 – Diamante by Kimberley gevind. Die verdrag van Aliwal-Noord stel die grense tussen die OVS en Basoeloland vas.

  • 1870 – Die diamantvelde word deur Brittanje geannekseer.

  • 1871 – Goodman Household van Karkloof, Natal, vlieg byna 1,5 km in ‘n sweeftuig wat hy self gebou het.

  • 1873 – Goud word in die distrik Lydenburg ontdek. Griekwaland-Wes word ‘n kroonkolonie.

  • 1877 – Die ZAR deur Shepstone tot Britse gebied geproklameer.

    1878 – Walvisbaai word n Britse gebied.

  • 1879 – Anglo-Zoeloe-oorlog: Cetshwayo word verban en Brittanje beset Zoeloeland.

  • 1880 – Afrikanerbond gestig. Eerste vryheidsoorlog Brit teen Boer in Transvaal.

  • 1881 – Die ZAR herwin sy vryheid onder Britse susereiniteit.

  • 1883 – Paul Kruger ingesweer as President van die ZAR. Die rupublieke van Stellaland en Gosen word gestig langs westelike grens van die ZAR.

  • 1884 – Suidwes-Afrika word ‘n protektoraat van Duitsland. Die verdrag van London (27 Februarie) verleen aan die ZAR volle onafhanklikheid behalwe die reg om verdrae met vreemde moondhede te sluit. Basoetoland word n Britse protektoraat.

  • 1885 – Republieke Stellaland en Gosen kom tot ‘n einde. Suid-Betsjoenaland word ‘n kroonkolonie en Noord-Betsjoenaland word ‘n Britse protektoraat.

  • 1886 – Johannesburg gestig en Witwaterrandse goudvelde oopgestel.

  • 1887 – Zoeloeland en Tongaland tot Britse gebiede verklaar.

  • 1888 – Matabeleland en Masjonaland onder Britse invloedsfeer.

  • 1889 – Defensiewe verbond tussen die ZAR en die OVS gesluit.

  • 1890 – Britse troepe beset Masjonaland. Verdrag tussen Duitsland en Brittanje stel grense van SWA vas.

  • 1893 – Selfregering vir Natal.

  • 1894 – Pondoland gennekseer en by die Kaapkolonie ingelyf. Apartheids wette ingestel kragtens die Glen Grey-wet waar Britse Cecil John Rhodes aan die voorpunt was.

  • 1895 – Brits-Betsjoenaland geannekseer en by die Kaapkolonie gevoeg. Leander Starr Jameson se inval in die ZAR.

  • 1896 – Jameson gee hom oor en word verhoor.

  • 1898 – Transvaalse kommando’s verower die Venda en voltooi daarmee die wit verowering van die Swartbevolking van Suider-Afrika.

  • 1899 – 1902 – Tweede Vryheidsoorlog, oorlog tussen Brittanje en die Boererepublieke, Brittanje verower beide.

    1902 – Vrede van Vereeniging

  • 1905 – Die Cullinandiamant (3 106kt) word by premiertyn ontdek.

  • 1906 – Dit word gese dat Transvaal selfregering kry, maar dit is nie die geval nie.

  • 1909 – Agt Kleurling- en Swart politici besoek Londen om beswaar aan te teken teen die voorgestelde Suid Afrikawet. Die Suid Afrikawet word deur die Britse Parlement anvaar.

  • 1910 – Die Unie van Suid Afrika kom tot stand (31 Mei). Eerste sensus word opgeneem. Die bevolking van die Unie was 1,2 miljoen blankes en 4,6 miljoen Swatmense, kleurlinge en Asiers.

  • 1912 – Die South African Native National Congress (SANNC) in Bloemfontein gestig.

  • 1913 – Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein word op 16 Desember onthul ter gedagtenis aan 26 251 Afrikaanse vroue en kinders wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog tussen Brit en Boer in konsentrasiekampe omgekom het. Wet op Swart Grond word deurgevoer om Swartmense se traditionele gebiede te bewaar en die grootste deel van die land vir Blankes.

  • 1914 – Die Rebellie nywerheidsonluste onstaan aan die Witwatersrand en elders: Krugswet word afgekondig. Genl. Hertzog stig die Nasionale Party (NP).

    1914 – 1919 – Eerste Wêreldoorlog breek uit en as deel van die Britse Ryk neem Suid Afrika deel. Op 10 September besluit Parlement me 91 stemme teen 12 dat Suid Afrika aan die oorlog sal deelneem. Die Rebellie teen deelname word onderdruk.

  • 1939 – 1945 – Die Tweede Wêreldoorlog breek uit en omdat Suid Afrika deel vorm van Brittanje neem SA deel aan die Geallieerdes.

  • 1948 – Die Herenigde Nationale Party wen die algemene verkiesing hou aan om die Britse appartheidswet toe te pas.

  • 1950 – Die Wet op Bevolkingsregistrasie klassifiseer mense volgens ras; die Wet op Groepsgebiede het verskillende dele van residensiële en sakegebiede in stede in stede en dorpe eksklusief aan verskillende rasse toegeken.

  • 1952 – Die ANC en sy bondgenote, insuitend Brittanje, begin ‘n passiewe versetveltog.

  • 1953 – Die regering neem beheer oor swart-onderwys.

  • 1960 – Die polisie skiet 67 betogers dood wat teen paswette in Sharpeville betoog het. Die regering verbied talle swart politieke organisasies.

    1960 – Resolisie 1514

  • 1961 – Suid Afrika word n republiek en verlaat die Britse Satebond.

  • 1964 – Nelson Mandela en ander ANC- en PAC-leiers tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

  • 1966 – Lesotho en Botswana word onafhanklike state.

    Hendrik Verwoerd sterf in ‘n sluipmoord-aanval.

  • 1968 – Eswatini word onafhanklik.

  • 1975-76 – Mosambiek en Angola word onafhanklike state.

  • 1976-77 – Minstens 575 mense sterf in konfrontasies tussen swartes en die polisie in Soweto en ander townships in Suid Afrika.

  • 1976-81 – Suid Afrika verleen “onafhanklikheid” aan die Transkei, Bophuthatswana, Venda en die Ciskei tuislande, maar hulle word nie in die buiteland erken nie.

  • 1977 – Die VN-Veiligheidsraad stel ‘n verpligte verbod op die verskaffing van wapens van Suid Afrika.

  • 1979 – Swart-vakbonde kan registreer en toegang kry tot die nywerheidshof en die reg om te staak.

  • 1984 – Langdurige en wydversrspreide en geweldadige weerstand teen die regerings in swart Suid Afrikaanse townships.

    Geweldadige regeringsreaksies om die opstande te beheer.

  • 1986 – Paswette word herroep.

  • 1986-95 – Heuwige konflik tussen Zoeloe-ondersteuners van Inkatha en die ANC in Kwazulu en aan die Witwatersrand.

  • 1988 – Suid Afrika ondermeen om uit Angola te onttrek en saam te werk aan die VN-gemonitorde onafhanklikheidsproses in Namibia. (Resolisie 435)

  • 1990 – De Klerk ontban die ANC, PAC en SAKP; Mandela en ander politieke gevangenes word vrygelaat.

    Namibia word onafhanklik.

  • 1990-91 – Die 1913 en 1936 Grondwette, Groepsgebiedwet, Wet op Bevolkingsregistrasie en Afsonderlike Geriewe opgehef.

    Begin van formele onderhandelinge tussen afgevaardigdes van 18 partye.

  • 1992 – Wit kiessers steun die onderhandelingsproses in ‘n referendum.

    Boipatong-slagting vind plaas met 45 inwoners van Boipatong deur Zoeloes-hostel-inwoners vermoor is lei tot die ANC wat aan die onderhandelinge onttrek.

  • 1994 – Die ANC wen die eerste nie-rassige-verkiesing, Nelson Mandela word ingesweer as president en vorm die regering van nasionale eenheid.

    Buitelandse regerings hef sanksies op; Suid Afrika sluit weer by die Britse Statebond aan.

  • 1995 – Inhuldiging van die konstitusionele hof wat toe die doodstraf afskaf.

    Inhuldiging van die Kommisie vir die Herstel van Grondregte.

    Die Waarheid-en-versoeningskommisie begin werk.

  • 1996 – Grondwet van Suid Afrika anvaar.

  • 1999 – Algemene verkiesing, die ANC wen 66 persent van die stemme.

  • 2003 – Richtersveld uitspraak.

    Inwerkstelling van breebasiswet vir swart bemagtiging. (BEE)

  • 2010 – Die regering erken dat BEE grotendeels ‘n mislukking was.

  • 2011 – Aktivis Andries Tatante vermoor deur polisie tydens n protes oor dienslewering.

  • 2012 – Marikana slagting.

    Moody’s gradeer Suid Afrika af.

  • 2020 – Landswye staat van inperking as gevolg van Covid-19-pandemie.

  • 2025 – Op 15 Oktober kondig die Oranje-Vrijstaat Boervolk hulle status as ‘n internasionaal erkende volk, uiteengesit deur die Bloemfonteinse Konvensie in 1854, aan. Hulle staus herstel soos dit was op 30 Mei 1902 voor die Vrede van Vereeniging.