
Stemreg
Hierdie is ‘n opiniestuk.
Wanneer die Boervolk uit die as uit opgestaan het, en ons die wonderlike voorreg sal hê om ons eie volksleiers te kies, sal dit moet geskied op die wyse wat die Konstitusie van die Oranje Vrijstaat dit vereis. Enige verandering aan die wette kan net deur die Volksraad gedoen word na hulle aanstelling. Baie van die artikels soos vervat in die Konstitusie is uitgedien en nie meer prakties van toepassing op ons heedendaagse samelewing. Selfs van die posbeskrywings sal moet gekyk word na.
Die Konstitusie waarborg ons leiers in elke kiesafdeling en wyk wat van grondvlak af genomineer en verkies word uit die gemeenskap, wat die gemeenskap moet dien en nie beheer nie. Die gekose leiers is dus verantwoordelik dat die uitdagings in sy kiesafdeling direk aangespreek word.
Die euwel van Party Politiek plaas lojaliteit bo kundigheid en ideologie bo gesonde verstand. Selfs al sou ‘n gekose kandidaat verskil van sy Politieke party se seining het hy geen bevoegdheid om sy idee te implimenteer nie. Hy word selfs gesê vir wie en wat hy sal stem of nie. Dit is hoekom wêreldpolitiek in die gemors is soos ons dit elke dag beleef.
Wie mag stem.
Om te kan stem en of te staan as kandidaat moet jy oor die nodige dokumentasie beskik soos vereis en uitgereik deur die Oranje Vrijstaat administrasie.
- Alle burgers 18 jaar en ouer wat oor die nodige bevoegdheid beskik mag stem vir hulle kiesafdeling se Veldkommandant, Veldkornette, Burgemeester en Stadsraad.
- Inwonend wees in die kiesafdeling.
Om te kwalifiseer om vir die Volksraadslede en die Staatspresident te mag stem moet ‘n Kieser:
- Van meerderjarige ouderdom wees.
- Vaste eiendom op sy naam geregistreer hê binne die Staat.
- Oor ‘n vaste inkomste beskik wat nie van ‘n welsyns aard is nie.
- Inwonend wees in die distrik waar hy stem.
Die Volksraad bestaan uit een lid van elke veldkornetskap wat deur die meerderheidstem bepaal word en een Hoofman soos bepaal deur die meerderheidstem in elke Distrik.
Om te kwalifiseer om te mag dien op die Volksraad, Kabinet en as Staatspresident.
- Mag so ‘n kandidaat geen Kriminele rekord hê nie.
- Mag so ‘n kandidaat nie Insolvent of bankrot verklaar gewees het nie.
- Vaste eiendom op sy naam geregistreer hê binne die Staat.
- Oor ‘n vaste inkomste beskik wat nie van ‘n welsyns aard is nie.
- Volksraadlede moet inwonend wees in die Distrik waarvoor hy staan.
- Kandidate mag geen verbintenis met enige buitelandse militêre, polisie, inligting, intelligensie en of enige geheime organisasie hê nie.
- Die Staatspresident moet inwonend in die Staat wees.
- Moet 25 jaar en ouer wees.
Die nuutverkose Staatspresident stel ‘n Kabinet saam van Ministers wat elk ‘n kundige sal wees in die gebied waarin so ‘n Minister aangestel word.
Die Ministers kan gebruik maak van Spesialis Kommitees om hulle by te staan in hulle pligte.

