Hierdie resolusie, wat op 14 Desember 1960 aangeneem is, staan amptelik bekend as die “Verklaring oor die Verlening van Onafhanklikheid aan Koloniale Lande en Volke”. Dit word beskou as een van die belangrikste dokumente in die geskiedenis van menseregte en internasionale reg, aangesien dit die morele en wetlike grondslag vir dekolonisasie gevorm het.

Die resolisie verklaar plegtig die noodsaaklikheid om ‘n spoedige en onvoorwaardelike einde aan kolonialisme in al sy vorme en manifestasies te bring. Dit verklaar tot doel dat:

  1. Onderwerping is ‘n skending van regte: Die onderwerping van volke aan vreemde (buitelandse) oorheersing en uitbuiting is ‘n ontkenning van fundamentele menseregte, is in stryd met die VN-Handves, en belemmer wêreldvrede.
  2. Reg op selfbeskikking: Alle volke het die reg op selfbeskikking. Kragtens hierdie reg bepaal hulle vrylik hul politieke status en streef hulle vrylik hul ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling na.
  3. Gereedheid is nie ‘n verskoning nie: Gebrek aan politieke, ekonomiese, sosiale of opvoedkundige voorbereiding mag nooit as ‘n verskoning gebruik word om onafhanklikheid te vertraag nie.
  4. Staak gewapende optrede: Alle gewapende optrede of onderdrukkende maatreëls teen afhanklike volke moet gestaak word sodat hulle hul reg op onafhanklikheid vreedsaam kan uitoefen.
  5. Onmiddellike oordrag van mag: Daar moet onmiddellike stappe geneem word om alle mag aan die mense van hierdie gebiede oor te dra, sonder enige voorwaardes of voorbehoud, in ooreenstemming met hul vrye wil.
  6. Territoriale integriteit: Enige poging om die nasionale eenheid en die territoriale integriteit van ‘n land gedeeltelik of heeltemal te ontwrig, is onversoenbaar met die doelwitte van die VN-Handves.
  7. Nakoming van die Handves: Alle state moet die bepalings van die Handves van die Verenigde Nasies en die Universele Verklaring van Menseregte getrou nakom.

Volgens resolisie 1514, die feit dat ons nog nie ons vryheid en onafhanklikheid gekry het nie is ‘n skending van ons menseregte. Ons is veronderstel om vrylik ons politieke status te bepaal en beheer oor ons eie ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling te hê.

Geen van die verklarings is nagekom nie. Die OVS wag vandag nog vir onafhanklikheid. Toe Suid Afrika in 1961 ‘n Republiek geword het het al die gebiede een land geword al was ons as die Oranje-Vrijstaat gekoloniseer. Klink dit na onafhanklikheid?